|
INDUSTRIA ROAD INDUSTRIAL SITES P.O. BOX 412 LOUIS TRICHARDT 0920 LIMPOPO PROVINCE SOUTH AFRICA |
PENNELLS TANKS TEL: (015) 516 4981/2/3 FAX: (015) 516 1639 GAVIN PENNELLS: 082 902 4489 HOWARD PENNELLS: 082 882 8144 E-MAIL: pentanks@mweb.co.za |
| Pennells
Tanks Aid in Alleviating Drought in the Kruger National Park (Game Reserve) |
|
| Local Business Pennells Tanks is currently assisting the Kurger National Park in an unique manner to reduce the water shortage during the drought. A project has been launched by the SAN Parks, to recirclulate sewerage water from the overnight camps back in to the park. In short the existing sewerage systems are replaced by using specially designed septic tanks. With a few of these tanks linked and partially under ground so that the sewerage can move through the various tanks separating the waste from the water. At the end of this process the "purified" water gets drained in areas that were previously used a natural marshes. Pennells Tanks were awarded the contract to manufacture the special 30 000 Litre Tanks, after an engineer had gone to visit their website (www.pentanks.co.za). This contract consists of the manufacturing of six septic tanks for the below sabie & nine tanks for SATARA. Excluding their contract with SAN Parks, many of these types of tanks are already in use various schools and caravan parks throughout South Africa. Especially in remote rural schools that don't have access to an existing sewerage system. Gavin Pennells also added that these systems are in high demand on luxury coastlines, because it is more environment friendly. |
|
![]() |
Mr. Gavin Pennells of Pennells Tanks by a delivery of unique 30 000L spetic tanks on it's way to the Kruger National Park. Mnr. Gavin Pennells van Pennells Tanks by ‘n besending van die unieke 30 000L septiese tenks onderweg na die Nasionale Kruger Wildtuin. |
| Pennells-tenks help waternood in wildtuin verlig | |
|---|---|
| Plaaslike besigheid Pennells Tanks is tans besig om op ‘n unieke manier te help om die waternood te midde van die knellende droogte in die Nasionale Kruger Wildtuin te verlig. ‘n Projek is deur SANParke van stapel gestuur waardeur rioolwater by van hul oornagkampe in die wildtuin gehersirkuleer word. In kort word die bestaande rioolstelsels vervang deur gebruik te maak van spesiaal- ontwerpe septiese tenke. ‘n Paar van die tenke word semi-ondergronds aan mekaar gekoppel en soos die riool deur die verskillende tenke beweeg, word die riool van die water geskei. Aan die einde van die proses word die “gesuiwerde” water gedreineer in gebiede wat voorheen as natuurlike vleiland gedien het. Pennells Tanks het die kontrak gekry vir die vervaardiging van die spesiale 30 000 liter tenke, na ‘n ingenieur hul webtuiste (www.pentanks.co.za) besoek het. Die kontrak behels die vervaardiging van ses septiese tenke vir Onder Sabie en nege tenke vir Satara. Daar is reeds begin met die aflewering van die eerste besending tenke. Buiten vir hul kontrak van SANParke, is talle van hierdie tipe tenke reeds in gebruik by verskeie skole en instansies soos karavaanparke regoor Suid-Afrika. “Veral skole in afgeleë plattelandse gebiede wat glad nie oor ‘n bestaande rioolstelsel beskik nie, vind baat by hierdie tenke,” sê mnr. Gavin Pennells. Hy het bygevoeg dat langs luukse kusgebiede meer mense ook begin aandring op ‘n stelsel soos hierdie wat baie meer omgewingsvriendelik is. |
|